Koeëlvervorming – (The all too familiar mushroom effect)

 

Deur Koos Geldenhuys.

 

Jagters praat gereeld oor hierdie bekende koeëlvorm, wat bekendheid verwerf het uit die dae toe ons nog almal met lood koeëls of loodkern/kopermantel koeëls gejag het.
Met die hedendaagse moderne en verskillende tipes monolitiese koeëls, wat almal verskillend vervorm op impak, weens hul verskillende ontwerpe en ook die hardheid van die verskillende metale wat gebruik word, is dit die meer as kaliber vervormde grootte van die koeël, wat steeds ‘n warm besprekingspunt is om kampvure.

Nieteenstaande al hierdie verskillende tipes koeëls, bly dit steeds nog dieselfde fisiese kragte van toeka se dae, wat meebring dat koeëls vervorm soos wat jagters vandag nog waarneem.

Wat is hierdie kragte wat die paddastoel / “mushroom” vorming van ons koeëls tot stand bring?

Voordat ons hierdie kragte wat inwerk op ons koeëls se vervormingsproses naspeur, moet ons net eers een ander belangrike aspek uitlig en veral verstaan dat dit ‘n voorvereiste is vir enige koeël in vlug, om op impak die bekende paddastoel vorm te kan aanneem.

Dit is naamlik om ‘n geskikte giroskopiese stabiliteitsfaktor [Gyroscopic Stability (Sg)], wat vereis word vir verskillende jag afstande, verkry moét word deur die korrekte koeël lengte te kies wat pas by die spesifieke geweer loop se spiraal (twist) en sodoende sal verseker dat die koeël stabiel sal wees in vlug, tydens impak en selfs gedurende penetrasie daarna. In baie kort net, stabiel in vlug vir ‘n koeël, beteken dat die koeël se rigting van vlug 100% saamval met die lengte as van die koeël.

Met hierdie vereiste behoorlik in plek, kan jagters verseker wees dat ‘n goeie gehalte koeël op impak ‘n baie mooi paddastoel vorm tot gevolg sal hê.

Anders as wat hedendaags beweer word dat die krag agter die vervormingsproses van ons koeëls is, naamlik die werking van sogenaamde kinetiese energie, het ‘n Amerikaanse fisikus reeds in die jaar 2006 met behulp van Newton (1) se wette, ‘n beskrywing gegee en ook ‘n stel sketse gemaak om te bewys wat hierdie vervorming werklik veroorsaak en tot gevolg het.
Eers in die jaar 2009 is ultra hoë spoed kameras sodanig ontwikkel, sodat dit die impak momente van ‘n koeël ten volle kon verfilm.

Hierdie twee gebeure word hierna weergee.

1. Die fisikus se weergawe in 2006 reeds saamgestel –

“Here at the centre of the nose, the acceleration rates are extremely high. Not so for the remainder of the bullet’s body where the rates are progressively lower the farther back one goes. Thus with different portions of the lead bullet experiencing different rates of acceleration, the bullet is forced to change shape. The lead behind the nose not only experiences high linear acceleration as it is slowed to a relative stop, it also experiences a brief centripetal acceleration as it is turned aside from a straight-line motion by the already stopped central nose lead resulting in the familiar mushroom shape. Even the lead behind the mushroomed head will show signs of acceleration forging as the bullet’s caliber size is noticeably swollen or increased in diameter.”

2. Die ultra hoë spoed kamera bevestiging van die vorming van die paddastoel in 2009 –

Een van die talle raampies (frames), kort voordat die koeël heeltemal versplinter, toon die duidelike ooreenkoms tussen die foto vorm van die koeël en die Amerikaanse fisikus se finale sketsvorm van die vervormde koeël – sien foto hierna –

Dan ook die volgende video oor die vervorming van die koeël met die ultra hoë spoed kamera –

Dit dan die werklike redes en kragte wat jagters se koeëls vervorm in die alombekende paddastoel / “mushroom” vorm.

Referrence: (1) Newton’s LAW III: To every action there is always opposed an equal reaction: or, the mutual actions of two bodies upon each other are always equal, and directed to contrary parts.